Netwerk ontbyt by UV. Tien toppresteerders van Hoërskool Fichardtpark se Graad 11 en 12 leerders het 29 Februarie ‘n Netwerk ontbyt by UV bygewoon. Hierdie leerders het ook die geleentheid gehad om saam met ander skole in Bloemfontein se toppresteerders die ontbyt by UV by te woon. Die leerders is gemotiveer deur die vise-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Petersen, om ‘n verskil te maak maar hulle is ook geluk gewens met hul prestasies.
By hierdie geleentheid was Cilethe Julies, ‘n oud-leerder van Hoërskool Fichardtpark ook een van drie studente-sprekers wat die leerders meer van hul kampuslewe vertel het. Die Fichies was ware ambassadeurs vir hul skool tydens die spoggeleentheid.
Hoërskool Fichardtpark het ook by die geleentheid ‘n Platinum sertifikaat ontvang vanaf Professor Petersen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf