Netbal vir Kansa. Oranje het die naweek ’n seldsame geleentheid in 2021 gebied vir netbalspanne. Hulle het gespeel vir genot, Kansa en voorbereiding vir 2022. Oranje en ‘n paar ander skole het besluit om mekaar die stryd aan te sê.
Vrydag se wedstryde was vir o.13- en o.14-spanne en Saterdag vir o.14 tot o.17. Dit het aan afrigters die kans gebied het om spelers te identifiseer met die oog op 2022 se eerste spanne. Geen inskrywingsfooi was gehef nie, maar spanne kon ’n geldelike bydrae vir Kansa maak as nalatenskap aan Oranje se vorige skoolhoof, Mej. Matthee. Sy het in Augustus vanjaar weens kanker gesterf.



Foto’s verskaf
Lees meer oor Oranje:
Become a Sponsor








