Netbal Skeidsregters. Mev. Anso Kemp is die bemarker van Hoërskool Strand en internasionale skeidsregter. Sy het vir ses netbalspelers van Hoërskool Strand ‘n Vlak 1 skeidsregterskursus aangebied. Hierdie spelers het almal hul Vlak 1 teorie-eksamen geslaag en werk nou hard om binnekort hul gradering as volwaardige skeidsregters te slaag. Die afrigter van die eerste netbalspan, me. O’Dine Lategan het haar Vlak 3 teorie-eksamen geslaag en het tans ‘n Provinsiale C+-gradering.
Die skool is baie trots op die leerders en onderwysers wat die ekstra myl stap en sodoende hul vaardighede verbeter.
Foto verskaf
Baie geluk!
Lees meer oor Hoërskool Strand: