Netbal – Hoërskool Ermelo se netbalspanne het deelgeneem aan die Mpumalanga kampioenskappe.
Op Vrydag, 10 Junie en Saterdag, 11 Junie het Hoërskool Ermelo se 0/14A-, 0/16A- en Eerstespan aan die finaal vir Mpumalanga Grootskole se netalkampioenskappe deelgeneem.
Uitslae van 0/14A-span
Die o.14A-netbal span eindig algeheel vierde en hulle uitslae lyk as volg: Hulle verloor teen Ligbron Akademie vir Tegnologie met 10-12. Wen teen Hoërskool Standerton met 13-9. Teen Hoërskool Bergvlam wen hulle 13-8. Hulle verloor teen Hoërskool Nelspruit met 5-15, asook teen Hoërskool Secunda 9-11.
Uitslae van 0/16A -span
EHS se o.16A-netbal span eindig vyfde en word aangewys as plaatwenners. Dié span se uitslae is as volg: Verloor teen Hoërskool Middelburg met 6-12. Wen teen Hoërskool Hoogenhout met 19-7. Teen Hoërskool Bergvlam wen hulle 19-5 en teen Curro Nelspruit 16-3, asook teen Hoërskool Lydenburg 14-13.
Uitslae van Hoërskool Ermelo se eerste netbal span
Die eerste netbal span van Hoërskool Ermelo eindig sewende in Mpumalanga met die volgende tellings: Hulle verloor teen Hoër Tegniese Skool Middelburg met 12-46. Speel gelykop teen Hoërskool Standerton met 26 elk. Wen teen Hoërskool Bergvlam met 24-21. Verloor teen Hoërskool Lydenburg met 24-26. Teen Hoërskool Generaal Hertzog wen hulle met 26-18.
Die o.15A-span neem op 30 Julie deel aan húl Mpumalanga-kampioenskap, bekend as die Kay Motsepe-kampioenskap, in Nelspruit.
Baie geluk met ‘n pragtige netbal-seisoen aan hierdie dogters en dankie vir elke afrigter en netbalspeler se harde werk.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien