)

Nellies se Groot wag is Verby!

NHS se revueproduksie, Skouspel 2021, se première vind op Saterdag 21 Augustus plaas.

Koop ‘n kaartjie aanlyn en trek jou gemakstoel nader. Maak ook net seker jy het die springmielies gereed. Jy gaan beslis nie ‘n oomblik van hierdie vertoning wil misloop nie!

Die vertoning spog met treffers soos Voel jy die genade van Jo Black. Dan is daar ook Raak vir my rustig van Snotkop. Verwag ook opwindende danspassies. Dit is deur Signature Performing Arts & Theatre Technology  gechoreografeer.

Die vertoning sal slegs vir een aand (Saterdag 21 Augustus) regstreeks gestroom word. U kan ‘n kaartjie teen slegs R249 koop. Dit sal u toelaat om die produksie op u slimfoon, tablet of ‘n televisie te kyk. Al wat u benodig, is ‘n internetkonneksie en die digitale kaartjie wat aanlyn te koop is.

Indien u graag die vertoning op ‘n ander tydsgleuf wil kyk, kan u ‘n kaartjie teen R499 koop. Dit sal dan ook vir u toegang gee tot Skouspel 2017, 2018 en 2019.

Kaartjies kan gekoop word by: www.skoolproduksies.co.za

Nadat u betaal het vir die opsie van u keuse, sal u ‘n e-pos ontvang met al die inligting. U sal ook u persoonlike skakel na die stroombladsy ontvang. Hierdie e-pos dien dan as u toegang tot die stroom.

“Ons sien uit om NHS se 25ste revueproduksie met u te deel!”

Die revue by Hoërskool Nelspruit is die vlagskip van die Kultuurburo. Dit dien ook as globale bemarkingsgeleentheid vir alle kultuuraktiwiteite.

Meer oor Hoërskool Nelspruit:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/

https://nelliesh.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal