Nasionale skietproewe. Twee van Hoërskool Ermelo se skuts, Marla de Jager en Dihandri Morkel, is uitgenooi om aan die finale nasionale skietproewe deel te neem. Dit is vir die nasionale skietspan wat na Engeland toer. Die proewe vind plaas vanaf 3 tot 6 April.
Marla en Dihandri is onder die top 60 in die land tussen al die provinsies se o.21 skuts. Marla is negende in Suid-Afrika en Dihandri twintigste.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf