)

Nasionale Netbalkampioenskap – Hoër Meisieskool Oranje

Nasionale Netbalkampioenskap. Hoër Meisieskool Oranje wys hul staal.

Die o.19A-netbalspan van Hoër Meisieskool Oranje het die afgelope naweek aan die Nasionale Netbalkampioenskap in Boksburg deelgeneem. Van die beste skole in die land het mekaar die stryd aangesê by die kampioenskap. Met ‘n taai lootjie het Oranje hul pad begin teen Hoër Meisieskool Paarl, naaswenner van die Wildeklawer-toernooi. Dié twee sterk spanne is in dieselfde groep geplaas, wat van die begin af intense kompetisie belowe het.

Oranje het deurgaans vasberadenheid en spanwerk getoon teen formidabele opponente. In die uitspeelfase het hulle weereens teen Paarl Gimnasium te staan gekom — die span wat uiteindelik as naaswenner van die kampioenskap weggestap het. Hoewel Oranje net-net buite die top nege geëindig het en die toernooi op die 10de plek afgesluit het, is hul karakter, gees en vaardigheid bewonderenswaardig.

📋 Uitslae:

  • Verloor teen Hoër Meisieskool Paarl: 20–24
  • Wen teen Tshiawelo: 38–4
  • Wen teen Veritas: 59–2
  • Wen teen Randpark: 27–12
  • Verloor teen Paarl Gimnasium: 16–21
  • Wen teen Duineveld: 19–14
  • Wen teen Pietersburg: 29–11
  • Verloor teen Shayamoya: 12–16

Die Oranje-span het met trots gespeel en hul skool waardig verteenwoordig. Hierdie toernooi was nie net ‘n toets van fisieke vaardighede nie, maar ook van deursettingsvermoë — en die meisies het beslis bewys dat hulle nie terugdeins vir uitdagings nie.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal