Nasionale Landsdienskamp. Op Saterdag, 9 Desember 2023, het honderde graad 8 tot 12 “Landsdieners” van regoor die land by Nkambeni Safari Lodge by die Nasionale Krugerwildtuin bymekaargekom vir 2023 nasionale Nasionale Landsdienskamp.
Hoërskool Ermelo is bevoorreg dat drie Erries die kamp kon bywoon: Megan McDermid (graad 10) asook Franco Gibbens en Carla Bronkhorst (albei graad 9).
Die program het as volg verloop: Die leerders was twee dae op die terrein en twee dae op uitstappies – of na Krugerwildtuin of Sudwala-grotte en Graskop. Die Erries het hul met trots en waardigheid van hul taak gekwyt.
Facta non verba – dade, nie woorde!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








