Nasionale Jeugmusiekkompetisie. Nog ‘n rekord spat met Nasionale Jeugmusiekkompetisie. Die ses-en-dertigste Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) gaan voort om nuwe rekords op te stel. Die kompetisie vind plaas van 6 tot 11 Desember 2021 by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad. Hierdie nuwe rekord is die keuring van ‘n allemintage 27 jeugmusici wie oor vier rondtes om die gesogte titel meeding. Daar word om R155 000 in kontant en die goud-, silwer- en bronsmedaljes meegeding. Dit is die grootste aantal ooit in die 37-jarige bestaan an die kompetisie. Hulle is uit ‘n rekordaantal van 45 inskrywings vanoor die land gekeur. Die NJMK is die eniste Suid-Afrikaanse musiekkompetisie waar die ses finaliste die geleentheid kry om met die Kaapstadse Filhamoniese Orkes (KFO) op te tree.
Verlede jaar se kompetisie moes weens die Covid-pandemie en gevolglike grendeling gekanselleer word. “Vanjaar stu hulle voort met die wedstryd. Ingevolge die Covid-regulasies is ‘n professionele gesondheisbeampte aangestel om die veiligheid van deelnemers, hulle ouers en die gehoor te verseker,” sê Michael Maas, voorsitter van die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS). Weens Covid-regulasies en veiligheid word die aantal mense vir die galakonsert op Saterdag 11 Desember 2021, streng beperk. “Die hele konsert en prysuitdelingseremonie sal gratis op die NJMK se webblad gestroom word. Mense kan nou net die stroomknoppie op die tuisblad van die NJMK webblad (www.nymc.co.za) druk om die geleentheid te volg,” beklemtoon Maas.
Strafste kompetisie vir jeugmusici
Die NJMK word as een van Suid-Afrika se strafste kompetisie vir jeugmusici, tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar, beskryf. Dit verg stamina, tegniese uitsmuntendheid en sterk vertolkende vaardighede. Die deelnemers ding oor vier rondtes mee waartydens hulle ‘n uitgebreide repertoire van werke uit verskillende styltydperke speel. Tydens die vorige wedstryd in 2019, het die 19 deelnemers sowat 137 werke uitgevoer. Dit het langer as 24 uur, versprei oor die vier rondtes van die kompetisie, geduur. Alle deelnemers speel in die eerste twee rondtes waarna ‘n maksimum van 12 spelers na die derde rondte op Donderdag 9 Desember deurdring.
Die ses leidende musici sê mekaar dan die stryd aan onder die begeleiding van die KFO by ‘n galakonsert op Saterdag 11 Desember met die KFO resident dirigent, Brandon Philips, op die podium.
Vyf Provinsies
Vanjaar se kompetisie het inskrywings uit vyf van die land se provinsies getrek. Hierdie jong sterre is ná video-oudisies deur ‘n paneel van musiekkundiges gekies. Die 27 wedyweraars is van Gauteng, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Wes-Kaap en die Vrystaat. Die Wes-Kaap kraai koning met 12 kandidate, gevolg deur Gauteng, KwaZulu-Natal (3), Vrystaat (2) en een van die Oos-Kaap. Altesaam 11 verskillende musiekinstrumente is deel van die wedloop. Die twee jongste deelnemers (14) is van die Paarl in die Wes-Kaap. Die meerderheid van die opkomende sterre (21) is in die 17 to 19-jaar ouderdomsgroep. Daar is vanjaar twee deelnemers wie oorsee studeer. Dit is beide se tweede aanslag om die gesogte titel.
Daar is 12 pianiste, vier violiste, twee fluitspelers, klarinetspelers en tjelliste. Die res van die groep bestaan uit ‘n altosaxofoon-, ‘n fagot-, ‘n Franse horing-, ‘n perkussie-, ‘n hobospeler en ‘n altviolis. Hiedie kompetisie is die vlagskip van die Nasionale Jeugmusiekstigting. Die NJMK is 37 jaar gelede in Port Elizabeth deur Michael Maas, voorsitter van die stigting, begin. “Die stigting het die blootstelling van dié opkomende sterre verbreed deur verskeie konserte aan te bied waar vorige pryswenners as soliste opgetree het. Bekend as die Jong Kunstenaarskonsertreeks, het dié konserte alle verwagtinge oortrek en vol sale getrek,” sê Maas.
Die gewildheid van die regstreekse stroming het oor die afgelope vier jaar gegroei en gee aan die kompetisie internasionale blootstelling.
Baie geluk Liam, ons is trots op jou!
Foto verskaf
#TrotsDurbanvilleDurbieNet – HSD vriende, ouers en Oud-DurbiesDurbanville Old BoysHoërskool Durbanville