Nasionale Gimnastiekkampioenskap. 🎉 Primêre Meisieskool Oranje skitter op nasionale vlak! 🇿🇦🤸♀️
Primêre Meisieskool Oranje is baie trots op drie talentvolle Eendjies wat van 5 tot 8 Oktober die Vrystaat verteenwoordig het by die Nasionale Gimnastiekkampioenskap in Durban. Hulle het met toewyding, grasie en krag hul beste gegee – en die resultate spreek boekdele!
Dominique Kordom het uitmuntend presteer:
- 1ste plek in Syncro Trampolien
- 3de plek in Mini Trampolien
- 3de plek in Trampolien
- 46ste plek in Artistiese Gimnastiek
Adriana Burger het haar staal gewys in Artistiese Gimnastiek, Vlak 7:
- 13de plek – ’n puik prestasie!
Mieke Meyer het met trots deelgeneem en haar beste gegee – ons vier elke tree van haar reis!
💐 Baie geluk aan ons Eendjies! Julle is ware ambassadeurs van Oranje en die skool is trots op elke sprong, draai en glimlag wat julle op die mat gebring het.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










