Nasionale Equestrian Kampioenskappe. Hoërskool Goudveld leerder, Elri Coetzee en haar perd, Legend, het deelgeneem aan die nasionale Equestrian kampioenskappe te Kyalami Equestrian Park in Johannesburg vanaf 24 tot 28 September.
Elri behaal die volgende plekke:
- 7de plek in Working Hunter 80cm
- 8ste plek in 80cm Jumping 2 phase
- 21ste plek in Equitation 80cm
Elri is deel van vier ruiters wat in spanverband as die Vrystaatspan deelneem. Hulle behaal die volgende:
- 1ste Working Hunter 80cm Horse class
- 1ste Jumping 2 phase 80cm Horse class
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










