Mumalanga Atletiek Kampioenskap. Op 9 Maart het van die Errie-atlete aan die Mumalanga Atletiek Kampioenskap deelgeneem te Secunda.
Die atlete het uitstekend gevaar:
- Tyrone Berning (o.19) eindig tweede in 400m hekkies en derde in hoogspring.
- Kryn Romijn (o.17) eindig eerste in die 400m.
- Luan Greyling (o.16) eindig eerste in die 800m.
- Mnqobi Mabuza (o.15) eindig eerste in die 1500m.
Al vier hierdie seuns kwalifiseer om vir al hul items aan die ASA (Atletiek Suid-Afrika) -kampioenskap deel te neem.
By die dogters is die uitslae ook goed:
- Mia Davel (o.19) eindig eerste in hoogspring.
- Elizma Swart (o.17) eindig tweede in gewigstoot.
- Esmari Kloppers (o.17) eindig eerste in 3000m.
- Aletha Kloppers (o.15) eindig eerste in 3000m.
- Janseke Jansen van Rensburg (o.15) eindig eerste in die 800m.
- Quinet Swart (o.15) eindig vierde in die 90m hekkies, vyfde in die 300m hekkies en sesde in verspring.
Mia Davel, Elizma Swart en Aletha Kloppers kwalifiseer om aan die ASA -kampioenskap deel te neem. Die SA’s vind plaas vanaf 21 tot 23 Maart in Pretoria.
Janeska Jansen van Rensburg en Aletha Kloppers gaan aan die SA-skole se kampioenskap deelneem.
Ten spyte van slegs tien atlete wat deelgeneem het, het die Erries sewe eerste plekke, twee tweede plekke en een derde plek ingepalm.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf