Mpumalanga skole-gholfproewe. Vier gholfspelers van Hoërskool Ermelo het op Maandag 13 September aan die jaarlikse Mpumalanga skole-gholfproewe se eerste ronde deelgeneem. Die proewe het op die Mbombela Gholfklub plaasgevind.
Hulle is onderskeidelik Kobus van Heerden, Liam Kitchenmaster, Tobie Leibbrandt en Pieter Leibbrandt. Al vier seuns het die Erries se naam hoog gehou en uitstekende gholf gespeel.
Tobie Leibbrandt en Kobus van Heerden dring deur na die finale rondte proewe wat op Maandag 20 September te Volksrust Gholfklub sal plaasvind.
‘n Derde Errie, Wian Swart, sal sy twee spanmaats na Volksrust vergesel na hy die eerste ronde moes uitsit as gevolg van ‘n besering.
Baie geluk en sterkte aan elke leerder wat Hoërskool Ermelo op die gholfbaan verteenwoordig.
Die Erries is besonder trots op julle.
Lees meer oor Hoërskool Ermelo: