Mpumalanga kunskompetisie. Jaarliks neem die Erries deel aan die Mpumalanga-kunskompetisie wat deur die Departement van Onderwys geloods word.
Elke jaar word ‘n gegewe tema verwerk tot ‘n produk wat ‘n deur paneel beoordelaars beoordeel word. Die jaar was die tema: “Integrasie.” Leerders het die tema op ‘n verskeidenheid kreatiewe maniere geïnterpreteer en uitgebeeld.
Vanuit die 174 inskrywings in Mpumalanga, het EHS ses meriete- en top tien plekke behaal. Baie geluk aan die volgende leerders met uitstekende uitslae: Elzhan Roets behaal ‘n derde plek in Mpumalanga met 94% vir haar kunswerk waarin rykdom en armoede uitgebeeld is. Nadia Jele (89%) eindig agtste in die provinsie en Kayla Slabbert (88%) eindig sewende in Mpumalanga. Asanda Khathide (87%), Morné Olivier (87%) en Jolindi Annandale (82%) behaal elk meriete-toekennings vir hul inskrywings.
Hierdie is besondere prestasies wat getuig van harde werk en kreatiewe denke deur die Erries. Baie geluk en dankie aan me Carin van der Merwe vir die ure se deeglike werk wat met haar kunsleerders spandeer word om elkeen te ontwikkel tot die beste van sy/haar vermoë.
Baie geluk met die mooi prestasies.
Erries is baie trots op julle!
Foto’s verskaf
Lees meer oor Hoërskool Ermelo: