Mpumalanga Hokkie uitspele. Hoërskool Ermelo se hokkiespanne het uitstekend presteer by die Mpumalanga Hokkie uitspele, kwartfinaal en semi-finaal.
Op Vrydag 16 Junie en Saterdag 17 Junie het die Erries se dogters hokkiespanne kragte gemeet in die Mpumalanga uitspele-, kwart- en semi-finale-wedstryde. Al vier Erries se ouderdomsgroepe het ware Errie-guts gewys op en van die baan.
Hier volg albei dae se uitslae:
o.14-span: Op 16 Junie, tydens die uitspele, wen hulle 3-0 teen Volksrust en speel gelykop 0-0 teen Hoërskool Nelspruit. Op 17 Junie, tydens kwart- en semi-finaal, verloor die span 0-3 teen HTS Witbank en wen 2-1 teen Curro Nelspruit.
Hierdie jong span eindig vyfde in Mpumalanga en gaan aan die B-Noordvaal-toernooi te Hoërskool Menlopark deelneem vanaf 9-12 Augustus.
o.15A-span: Hierdie span speel een wedstryd op 16 Junie teen Hoërskool Nelspruit en wen 6-1. Op 17 Junie in die kwart-finaal wen hul Volksrust 4-1 en in die semi-finaal wen hul Hoogenhout 2-0. Op 22 Julie speel hierdie span in die Mpumalanga-finaal uit vir eerste of tweede plek. Hul neem op 9-12 Augustus deel aan die A-Noordvaal-toernooi by hoërskool Monument.
o.16A-span:
Hierdie span speel Vrydag 16 Junie uit teen Oosterland en wen 4-1 en wen ook teen Hoërskool Secunda met 3-1. Op Saterdag, in die kwart- en semifinaal, wen hulle albei hul wedstryde. Die span wen Hoërskool Ferrum 6-0 en Hoërskool Middelburg 4-2. Op 22 Julie speel hierdie span uit vir eerste of tweede plek in die Mpumalanga-finaal. Hulle gaan vanaf 9-12 Augustus aan die A-Noordvaal-toernooi deelneem by Hoërskool Merensky.
Hoërskool Ermelo eerstespan dogtershokkie:
Op 16 Junie wen die span Hoërskool Lydenburg 3-0 en Ligbron Akademie 4-0. Op Saterdag, 17 Junie, speel hulle 1-1 gelykop teen HTS Witbank, maar verloor 2-3 met “sudden death”. In die semi-finaal wen die eerstespan Volksrust 8-0. Hierdie span eindig vyfde in Mpumalanga en dring deur om aan die B-Noordvaal-toernooi deel te neem by Hoërskool Dr. Malan vanaf 9-12 Augustus.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf