Mpumalanga B-liga Netbal. Op 3 Junie het Hoërskool Ermelo se o.16B- en tweedespan netbal aan die Mpumalanga B-liga Netbal se uitspele deelgeneem. Hoërskool Ermelo het as gasheerskool opgetree.
Die dogters speel op só ‘n dag selfs ses wedstryde en die Erries se netbal het uithouvermoë ten toon gestel.
Die dag se organisasie het getuig van Errie-styl en dit is waarlik ’n pluimpie in EHS se hoed. Dankie aan die personeel en leerders wat betrokke was om van hierdie geleentheid ’n sukses te maak. Groot dank aan Ermelo Toyota wat die hoofborg van die dag was.
Die spanne se uitslae is as volg:
o.16B:
- EHS vs HTS Middelburg: verloor 3 – 20
- EHS vs Plaston Academy: wen 9 – 4
- EHS vs Hoërskool Middelburg: verloor 5 – 11
- EHS vs Lydenburg: verloor 3 – 7
- EHS vs Curro Secunda: wen 7 – 3
Hierdie span eindig sewende in Mpumalanga.
Tweedespan:
- EHS vs Lydenburg: verloor 4 – 8
- EHS vs Morgenson: wen 13 – 6
- EHS vs HTS Middelburg: verloor 10 – 12
- EHS vs Nelspruit: verloor 6 – 7
- EHS vs Piet Retief: wen 12 – 3
Die tweedespan eindig sesde in Mpumalanga.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf