MMX-Atletiekbyeenkoms. Hoërskool Fichardtpark se atletiekspan het weereens gewys wat deur harde werk en toewyding bereik kan word! Met die tweede meeste medaljes by die MMX-Atletiekbyeenkoms – Suid-Vrystaat het Fichies se atlete ’n merkwaardige prestasie gelewer.
✨ Baie geluk aan 47 atlete wat in 67 items en 8 aflosspanne vir die Vrystaat Hoërskole-kampioenskappe gekwalifiseer het. Julle maak almal by Hoërskool Fichardtpark ongelooflik trots!
Top 5 skole: 1️⃣ Oranje Meisieskool 2️⃣ Hoërskool Fichardtpark 3️⃣ Grey Kollege 4️⃣ Hoërskool Jim Fouché 5️⃣ Hoërskool Sentraal
’n Spesiale vermelding aan Fichies se o.19 seuns-aflosspan wat koning gekraai het in hul afdeling – ’n ware bewys van spanwerk en vasberadenheid!
Fichies trots – saam sterker, saam hoër!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://fpark.co.za
Foto’s verskaf









