Metallic Silhouette Shooting. Martin Maasdorp, Graad 12 leerder van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, is ingesluit in die SA Proteaspan vir Metallic silhouette shooting.
Martin sal Suid-Afrika by die 15de IMSSU-wêreldkampioenskap verteenwoordig. Hy neem deel in die small bore handgun aggregate U20 kategorie. Die kampioenskap vind in Bloemfontein plaas by die Metallic Silhoutte Range Mangaung. Die kampioenskap duur vanaf 3 tot 13 Junie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf