Matriek-eindeksamen. Tydens Saterdag se Well Done Function in Kroonstad is Salomon Senekal Hoërskool aangewys as die beste van die Top 5-skole in die Fezile Dabi-streek na 2021 se matriek-eindeksamen.
Behalwe die platinumtoekenning van 100%-slaagsyfer (slegs 3 skole in Fezile Dabi), ontvang Salomon Senekal ook die toekennings van 93%-universiteitstoelating én 5 jaar agtereenvolgens 100%-slaagsyfer.
Baie geluk aan die matrikulante en graad 12-personeel: mev. Annilda Jordaan (Verbruikerstudie), mej. Wilmari Muller (Wiskunde), mevv. Tessie Kahts (Lewenswetenskap), Mari-Kuhn Steenkamp (Wiskundige Geletterdheid), Lidia Uys (Rekeningkunde en RTT), mnr. Marcelle Stander (Afrikaans Huistaal), mev. Jodine van Greuning (Engels FAL), mnr. Gert Brits (Fisiese Wetenskap) en mnr. Gys Swart (Landboubestuurspraktyk).
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za