Hoƫrskool De Aar se tennisspelers het soos oudergewoonte hierdie jaar weer aan die jaarlikse Marco Wasserman Tennistoernooi op Middelburg deelgeneem.
Hierdie toernooi word aan Marco Wasserman opgedra, wat op veertienjarige ouderdom in Å motorfietsongeluk oorlede is en wat die āno blame gameā gespeel het. Hy was lief om dubbelstennis te speel en dus is die toernooi in die formaat van seuns- en dogtersdubbels, asook gemengde dubbeslwedstryde. Die doel van hierdie toernooi is om die spel van tennis in al sy fasette te geniet en is nie so seer op wenne gefokus nie.
HoĆ«rskool De Aar het hierdie jaar twee seuns- en twee dogterspanne ingeskryf, wat onderskeidelik in A- en B-liga deelgeneem het. Daar is teen skole soos HoĆ«rskool Middelburg, Union, Volkskool, P.J. Olivier en Grens (Gekombineerd) deelgeneem in baie koue weersomstandighede, maar elke speler was baie positief. Op Vrydag, 25 Augustus 2017, is daar drie rondtes gespeel en op Saterdag, 26 Augustus 2017 , is die laaste twee rondtes gespeel. Na afloop van die laaste rondte was daar Å prysuitdeling waar heelwat van HSDA se tennisspelers pryse gewen het.
HSDA se tennisspelers het hierdie toernooi baie geniet en eindig algeheel derde in beide die A- en B-afdelings.