M.O.T.H organisasie. Die Erries was bevoorreg om op 6 November deel te wees van die herdenkingsdiens en kransleggingseremonie van die M.O.T.H organisasie (Memorable Order of Tin Hats).
Hulle het hulde gebring aan die soldate wat vanaf die tweede wêreldoorlog tot nou toe, gesterf het. Na die gasspreker, Brigadier Generaal (afgetree) RJ Coetzee, se toespraak, het almal weer nuwe respek vir al die soldate wat hulle lewe op die spel plaas vir ons land!
Alhoewel daar nie ‘n oorlog in ons land is nie, veg die soldate oorloë waarvan ons nie bewus is nie. Die organisasie het die Erries se blommekrans opreg waardeer. Vir EHS is dit ’n voorreg om sonder ophou die gemeenskap te ondersteun waar moontlik.
“A true soldier fights not because he hates what is in front of him but because he loves what is behind him.”
M.O.T.H organization. The Erries were privileged to be part of the commemorative service and wreath-laying ceremony of the M.O.T.H organization (Memorable Order of Tin Hats) on 6 November.
They paid tribute to the soldiers who died from the second world war until now. After the guest speaker, Brigadier General (retired) RJ Coetzee’s speech, everyone once again has renewed respect for all the soldiers who put their lives on the line for our country!
Although there is no war in our country, the soldiers are fighting wars that we are not aware of. The organization truly appreciated the Erries’ floral wreath. For EHS, it is a privilege to support the community non-stop whenever possible.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf