GEMSBOK-UPINGTON: Oud Hoërskool Upington leerder en hoofseun in 2011, Luan du Preez, is tans besig met sy finale jaar as tandheelkunde student, en is deel van die mediese span op die Phelophepa Health Care trein in Polokwane.
Op die trein is dokters, oogkundiges, tandartse, sielkundiges en verpleegsters. Die trein is so ingerig dat elkeen sy eie toegeruste spreekkamer het. Mediese dienste word verskaf aan behoeftiges en die spanne besoek ook skole en gemeenskappe in klein dorpies op die platteland.
Almal bly op die trein en kry ook hul etes daar.
Voorwaar ‘n wonderlike en leersame avontuur.
Die trein reis deur die hele land en besoek Upington voorlopig van 28 Augustus tot 8 September.
Become a Sponsor