[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]
Loumari Müller, graad 12-leerder en Hoofdogter van Hoërskool Punt, Mosselbaai, het uit 26 finaliste van ‘n ekonomiese opstelkompetisie, ‘n tweede plek behaal.
Die aankondiging het tydens ‘n spogfunksie in Kaapstad plaasgevind wat deur onder andere die provinsiale ministers van Finansies en Onderwys bygewoon is.
Die kompetisie is deur Nedbank en die Wes-Kaapse Provinsiale Tesourie en Onderwys aangebied. Loumari se opstel het gehandel oor klimaatsverandering se oorsake, gevolge en oplossings in SA.
Sy het ‘n kontantprys van R8000 verwerf, asook ‘n studiebeurs om verder in ‘n ekonomiese-, wiskundige- of rekeningkundigerigting te gaan studeer.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]
Become a Sponsor