Die jaarlikse Kultuur Aand, waar die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo kan spog met hul vele talente, het Donderdagaand, 17 Mei 2018, in die Ligbron skoolsaal plaasgevind. Tydens die Kultuur Aand bring die Liggies ook eer aan al die leerders wat gedurende die jaar so mooi op die kultuurgebied presteer het. Die aand het ‘n breë spektrum optredes gehad met verskeie sang, dans, drama en komedie-items wat gelewer was. Hier is Clarissa van Zyl besig om haar gedig, Ma, deur Antjie Krog, voor te dra.
Become a SponsorSuid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg
Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…










