Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se Senior Redenaar Kompetisie het op Donderdag 10 Mei 2018 plaasgevind. Vyftien uitstekende sprekers het sake uitgepraat en die beoordeelaars en gehoor beïndruk met hul taalvaardigheid en redeneringsvermoë. Mandisa Motha eindig derde met haar onderwerp: Africa is not for weaklings. Daniel Korff is in die tweede plek met sy toespraak oor: Die moderne vrou is besig om die man se rol oor te neem en Simone Stapelberg palm die wentrofee in met haar siening dat Engels besig is om Afrikaans te versmoor.
Die drie wenners staan (v.l.n.r.): Simone Stapelberg (1ste), Daniel Korff (2de) en Mandisa Motha (3de).