Vyf leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het Saterdag, 8 Junie 2018, deelgeneem aan die Mpumalanga finaal van die ATKV Redenaars Kompetisie wat by HTS Witbank plaasgevind het. Die volgende Liggies het deelgeneem: Daniel Korff, Simone Stapelberg, Marezel kriek, Zack Bosman en Marius Ferreira. Baie geluk aan Simone Stapelberg wat ‘n 3de plek in die onvoorbereide afdeling vir gr. 10-12 behaal het en Marius Ferreira wat ‘n 10de plek in die afdeling behaal het.
Foto bo: Marius Ferreira en Simone Stapelberg
Die Liggies is baie trots op julle!