Baie geluk aan die tweede hokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, wat op Saterdag, 27 Julie, as Mpumalanga Naaswenners uit die stryd getree het, nadat hulle in ‘n spannende wedstryd met 0-1 teen Hoërskool Middelburg in die Mpumalanga Finaal verloor het.
Die span het vanjaar baie goed gevaar en Ligbron is besonder trots op hulle.