Die skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het verlede week aan die 3de Prysskietkompetisie deelgeneem. Die volgende skole het deelgeneem: Nkangala Streek (Witbank en Middelburg se skole), Ben Viljoen Hoërskool en die Ermelo streek.
Elke Prysskiet is ‘n Provinsiale kompetisie. Die Skuts skiet 2 X 3P’s (lê, staan en kniel) en dan 2x 10M staan (olimpies). Die 3P’s tel elk uit 600 punte en die olimpies uit 400. Totaal uit 1600 punte. Die Liggie-skuts se uitslae is soos volg: in die o/14-afdeling neem 57 skuts deel en Ligbron behaal die volgende plekke: Elsabe van der Spuy 14de met 1127 punte, SJ van Eck 38ste met 921 punte en Hugo Engelbrecht 54ste met 618 punte. In die o/16-afdeling het 55 skuts deelgeneem: Sumé Snyman eindig 2de met 1409 punte, Erenst Botha 15de met 1295 punte, Morne van Aswegen 32ste met 1169 punte en Roeland Minnaar 47ste met 1067 punte. In die o/21-afdeling het daar 46 skuts deelgeneem met Hanro van der Spuy in die 18de plek met 1354 punte en Sophia Giliomee 23ste met 1323 punte.
Foto: Sumé Snyman het ‘n 2de plek in die o/16-afdeling van die 3de Prysskietkompetisie behaal.