Baie geluk aan die volgende seuns hokkiespelers van Ligbron Akademie vir Tegnologie wat vir die onderskeie Bokkie seuns-hokkiespanne gekies is. John Lloyd, Johan Bronkhorst en Julian Cloete is almal in die o/15 Bokkiespan ingesluit, terwyl Janu Prinsloo, MJ Beukes, Van Zyl Conradie en Hardu Prinsloo gekies is vir die o/19 Bokkiespan.
Foto: Ligbron se seuns wat gekies is vir die onderskeie seuns Bokkie Hokkiespanne staan (v.l.n.r.): John Lloyd, Johan Bronkhorst, Julian Cloete MJ Beukes en Hardu Prinsloo. Janu Prinsloo en Van Zyl Conradie was afwesig tydens die neem van die foto.