Ongeveer 500 Gr.7-leerders van Ermelo en omliggende dorpe het op Donderdag en Vrydag, 25 en 26 April, by Ligbron Akademie vir Tegnologie bymekaar gekom vir die Liggies se jaarlikse Opedae.
Vanjaar se tema was Liggie Superheroes en dit was vir die Liggies ‘n trotse oomblik om ons pragtige skool vir al die graad 7’s te wys en hulle ook meer in te lig oor alles wat Ligbron hulle gedurende hul hoërskool-loopbaan kan bied.
Die Gr.7’s is met ‘n erewag verwelkom waarna hulle na die saal beweeg het. In die saal het die leerders die geleentheid gekry om deur middel van ‘n video en verskeie foto’s te sien wat op ‘n daaglikse en jaarlikse basis by Ligbron gebeur.
Daarna is die leerders in verskeie groepe verdeel en het hulle in groepverband deur die skool en klasse beweeg. Soos gewoonlik het die eksperimente in die Wetenskap- en Lewenswetenskap klasse, sowel as die Studente Sentrum en die Tegniese Werkswinkel die meeste aandag geniet.
Die springkasteel water glybane het weereens soos ouder gewoonte vir groot opwinding gesorg. Dit was vir Ligbron ‘n groot voorreg om hierdie leerders by die skool te ontvang en om hulle vir ‘n dag te laat voel het hoe dit sou voel om ‘n ware Liggie te wees.