Agter v.l.n.r.: Melandri Blaauw, Celestine Jackson, Dané du Toit, Nomcebo Lukhele, Mbali Nkosi, Sunelle Booysen, Amoné Fraser en Jané Bosman.Â
Voor vlnr: Dané le Roux en Ansha Jordaan.
Die o/17 Fast 5 netbalspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het op Donderdag, 5 September aan die Gert Sibande Fast 5 Toernooi deelgeneem wat by Hoërskool Piet Retief aangebied was. Ligbron se uitslae is soos volg:
- Wen Hoërskool Hoogenhout 8-2
- verloor 6-7 teen Standerton en
- verloor in die Semifinale 9-7 teen Hoërskool Ermelo.
Die dogters het die toernooi terdeë geniet.