)

Ligbron o/16 dogtershokkiespan dring deur na Noordvaal-reeks

Vier van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se dogtershokkiespanne het die afgelope naweek, Saterdag, 28 Julie, aan hulle onderskeie Noordvaal uitspeel wedstryde deelgeneem. Die dogters het teen kompeterende spanne te staan gekom. Die o/14’s het in ‘n uiters spannende wedstryd teen Dr. E.G Jansen te staan gekom.

Teen halftyd het geen span nog punte aan geteken nie, maar EG Jansen het die wa deur die drif getrek en 4 vinnige doele aangeteken. Hulle verloor ongelukkig die wedstryd met 0-4. Die o/15’s het tuis teen Hoërskool Eldoraigne gespeel en die wedstryd met 1-2 verloor.

Die Eerstes het tuis teen Hoërskool Waterkloof te staan en beide spanne het gesorg vir uitstekende hokkie. Waterkloof het daarin geslaag om die wedstryd met 2-1 te beklink.

Die o/16-span het in hulle wedstryd teen Hoërskool Hugenote die spel oorheers en hulle opponente met ‘n prag-telling van 5-1 geklop. Hulle dring hiermee dan ook deur na die Noordvaal-reeks wat tydens die langnaweek van 9 tot 11 Augustus sal plaasvind.

Foto: voor sit Bianca Ngcobo. In die middel staan v.l.n.r. Laisha Naido, Cara Bruwer, Philani Thenjwayo, Rachelle Meyer en Donné de Jager.

Agter staan v.l.n.r. Erich Beneck (afrigter), Megan Herbst, Carla Barnard, Zené Jonker, Michelle Potgieter, Chantelle Ferreira, Jandri Coetzee, Hanné Stevens en Carina Stapelberg (spanbestuurder).

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal