)

Ligbron o/15A rugbyspan gekroon as Mpumalanga Grootskole kampioene

Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo is trots om aan te kondig dat die Computer Connection o/15A rugbyspan na afloop van die Mpumalanga Grootskole finaal wat op Saterdag, 21 Julie te Secunda plaasgevind het, as die Mpumalanga Grootskole kampioene uit die stryd getree het.  Dus spog die Liggies nou met vier Mpumalanga Grootskole kampioene nadat die o/14B, tweedespan en derdespan ook onlangs as die Mpumalanga Grootskole B-spanne kampioene gekroon was.   Die o/15A’s het teen Hoërskool Rob Ferreira in die finaal te staan gekom en het die wedstryd oortuigend met 22-7 gewen.  Hulle sal eerskomende Saterdag, 28 Julie teen Hoërskool Piet Potgieter in Potgietersrus te staan kom in een van die Virsekerbeker uitspeel wedstryde.  Die Calstar Group eerstespan het ‘n klipharde wedstryd teen Hoërskool Secunda in die Mpumalanga Grootskole finaal getref.  Die eerstes het as Mpumalanga Grootskole naaswenners uit die stryd getree nadat hulle met 7-28 verloor het.  Die Calstar Group Eerstespan sal Saterdag teen Hoërskool Randburg in Randburg te staan kom in een van die Virsekerbeker uitspeel wedstryde.  Die o/14A’s wat derde in die Mpumalanga Grootskole liga geëindig het sal Saterdag teen Hoërskool Dinamika in Alberton speel as deel van een van die Virsekerbeker uitspeel wedstryde.  Baie sterkte aan hierdie drie spanne.

Foto bo:

Voor sit vlnr: Jean-Pierre Groenewald, Richardt Lemmer, Regard Jansen van Rensburg, Njabulo Maseko en Banele Mtshali.

2De ry sit vlnr: Bonga Nkonyane, WP Boch (afrigter), Hendrico Jansen van Rensburg, Sias Jacobs, Brendt Jansen van Rensburg, Tiaan Jacobs, Marno Botha en André Louw (afrigter).

3De ry staan vlnr: Martin Meyer,Lethu Ngobese, Munashe Dukuswa, Luthando Mndebele, Hubert Terblanche, Jean-dré Goslin, BJ Kritzinger, Peet Marx, Terry Jayaguru, Deacon Pretorius, Kwanele Nkambule en Zander Barnard.  Heel agter staan: Eshan Ndlovu, Montell Meyer, Monteo Meyer en Buhle Mangane.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal