Dit was ‘n besige week vir die hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo met die dogters- en seunshokkie wat ligawedstryde gespeel het en die seuns wat vriendskaplike wedstryde ook gespeel het. Die seuns hokkiespanne het op Woensdag 2 Mei 2018 in onderskeie ligawedstryde deelgeneem. Die o/14A’s het ‘n vriendskaplike wedstryd teen Piet Retief se o/16B’s gespeel en die wedstryd met 2-0 beklink. Die o/16A’s het teen HTS Middelburg se o/16 B-span gespeel en met 5-0 gewen, die o/16B’s het teen Volksrust gespeel en 1-4 verloor en die eerstespan het teen Volksrust gespeel en die wedstryd met 7-1 gewen. Die seunshokkiespanne het ook op Saterdag, 5 Mei, teen Hoërskool Richardsbaai gespeel. Die wedstryde het in Vryheid plaasgevind. Die o/14A’s het met 4-1 gewen, die o/16A’s het gelykop gespeel met 1 doel elk en die eerstespan het met 2-3 verloor. Die dogters hokkiespanne het op Donderdag, 2 Mei 2018, teen Hoërskool Middelburg te staan gekom. Die wedstryde het in goeie gees plaasgevind maar die kompetisie was straf. Die Liggies het die volgende uitslae behaal: o/14A verloor 0-1, o/15A speel gelykop 0 elk, die o/16A verloor 0-3, o/16B verloor 1-2, die tweedespan verloor 1-3 en die eerstespan het met 1-3 verloor.