)

Ligbron Hokkiespanne behaal gemengde welslae

Dit was ‘n besige week vir die hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo met die dogters- en seunshokkie wat ligawedstryde gespeel het en die seuns wat vriendskaplike wedstryde ook gespeel het. Die seuns hokkiespanne het op Woensdag 2 Mei 2018 in onderskeie ligawedstryde deelgeneem. Die o/14A’s het ‘n vriendskaplike wedstryd teen Piet Retief se o/16B’s gespeel en die wedstryd met 2-0 beklink. Die o/16A’s het teen HTS Middelburg se o/16 B-span gespeel en met 5-0 gewen, die o/16B’s het teen Volksrust gespeel en 1-4 verloor en die eerstespan het teen Volksrust gespeel en die wedstryd met 7-1 gewen. Die seunshokkiespanne het ook op Saterdag, 5 Mei, teen Hoërskool Richardsbaai gespeel. Die wedstryde het in Vryheid plaasgevind. Die o/14A’s het met 4-1 gewen, die o/16A’s het gelykop gespeel met 1 doel elk en die eerstespan het met 2-3 verloor. Die dogters hokkiespanne het op Donderdag, 2 Mei 2018, teen Hoërskool Middelburg te staan gekom. Die wedstryde het in goeie gees plaasgevind maar die kompetisie was straf. Die Liggies het die volgende uitslae behaal: o/14A verloor 0-1, o/15A speel gelykop 0 elk, die o/16A verloor 0-3, o/16B verloor 1-2, die tweedespan verloor 1-3 en die eerstespan het met 1-3 verloor.

 

Nicola Bruwer Ligbron

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal