)

Ligbron en Hoërskool Bergsig sê mekaar die stryd aan

Die wintersportspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het Saterdagoggend reeds baie vroeg uit Ermelo na Rustenburg vertrek vir die derde rondte van die Superreeks wat by Hoërskool Bergsig, Rustenburg, plaasgevind het.

Alhoewel dit gedurig aan en af gereën het en die weer maar effens onplesierig was, was die liggies dankbaar dat die wedstryde steeds kon voortduur.  Ligbron se sportspanne het ten spyte van die weersomstandighede steeds goeie prestasies opgelewer met die rugbyspanne wat daarin geslaag het om al hul wedstryde oortuigend te beklink.

Die uitslae is soos volg: Die o/14A’s wen met 32-0, o/14B wen met 24-0, o/15A wen met 48-13, o/16A wen met 21-5, die tweedespan wen met 53-0 en die Ligbron Calstar Group Eerstespan het met ‘n pragtige telling van 50-3 geseëvier.

Die volgende spelers was die puntemakers van die onderskeie drieë: Thando Nkosi (2), Mark Niebuhr (1), Alec Duncan (2), Sibusiso Sibeko (1), Sifiso Manana (1) en Leon du Preez (1).  Mark Niebuhr het twee drieë verdoel en Leon du Preez het een drie verdoel.  Die Liggie-netbalspanne het teen ongelooflike sterk Bergsig netbalspanne te staan gekom.

Alhoewel slegs een van die Ligbron spanne gewen het, het elke span steeds die Liggies se naam hoog gehou en tot die einde toe geveg.  Die netbalspanne se uitslae is soos volg:  Die o/14A’s verloor met 3-27, o/14B verloor 5-22, o/14C verloor 3-30, o/15A verloor 4-31, o/15B verloor 4-18, o/16A verloor 13-33, o/16B wen 13-9, die tweedespan verloor 13-24 en die eerstespan het net-net met 16-17 verloor.  Die eerstespan se doele is almal deur Liska Paul en Bianca Francis aangeteken.

Die Liggies se hokkiespanne het ook ‘n goeie dag gehad en het gemengde welslae opgelewer.  Die o/14 dogters het met 5-0 gewen, o/14 seuns verloor 0-1, o/15 dogters wen 2-1, o/16 dogters verloor 1-3, o/16 seuns verloor 0-3, tweedespan wen 6-0, eerstespan dogters wen 2-1 en die eerste seuns wen 4-0.  Die eerstespan dogters se doele is deur Marisca Stander aangeteken en die eerstespan seuns se doele is deur Marius Ferreira, Edward Jacobs en Janu Prinsloo (2) aangeteken.

Die Liggies sal Saterdag, 24 Maart 2018 na Witbank vertrek waar hulle teen Hoërskool Generaal Hertzog sal meeding in die vierde rondte van die Superrreks.

Op die foto heel bo:  Sifiso Manana en Nathan Viennings

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal