Dertien Liggies deur na eerste rondte van munisipale skaakproewe
22 Leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het Maandag, 7 Mei 2018, deelgeneem aan die munisipale proewe. Liggies is trots om te noem dat daar 13 Liggies deurdring na die volgende rondte. Die 13 Liggies wat deurdring het, is: Nelson Mulumba, Shraddha Agre, Kemaine Venter, Reagan Botha, Bongumuse Phakati, John Peter Krause, Huzefa Patel, Tamryn Archer, Sonica Marcus, Zethu Nkosi, Zanele Nkosi, Karen Kumbula en Angela Mdbele. Die volgende rondte sal op Saterdag, 19 Mei 2018 plaasvind. Baie sterkte aan al die Liggies.
Foto bo:
Die eerste rondte van die Munisipale skaakproewe waar 13 Liggies daarin slaag om deur te dring na die volgende rondte. Hier is van die Liggie-skaakspelers in aksie.