Al drie Ligbron se gholfspanne is as Gert Sibande -wenners gekroon!
Ligbron wen die A-liga met 128 punte op die bord. Wynand Moolman en Dries Odendaal (kaptein) verdien vermelding vir hul goeie spel deur die seisoen.
Ligbron wen ook die B-liga met 139 punte, 1 punt voor Hoogenhout! Diean Swart en Richard Koch het deurgaans goeie punte vir hul span behaal.
In die C-liga het Ligbron 148 punte aangeteken om as ligawenners gekroon te word. Corrie Visagie en Kyle Goslin verdien hier spesiale vermelding vir hulle deurlopende goeie spel.
Baie geluk!
Foto’s verskaf