Al drie Ligbron se gholfspanne is as Gert Sibande -wenners gekroon!
Ligbron wen die A-liga met 128 punte op die bord. Wynand Moolman en Dries Odendaal (kaptein) verdien vermelding vir hul goeie spel deur die seisoen.
Ligbron wen ook die B-liga met 139 punte, 1 punt voor Hoogenhout! Diean Swart en Richard Koch het deurgaans goeie punte vir hul span behaal.
In die C-liga het Ligbron 148 punte aangeteken om as ligawenners gekroon te word. Corrie Visagie en Kyle Goslin verdien hier spesiale vermelding vir hulle deurlopende goeie spel.
Baie geluk!

Foto’s verskaf
Become a Sponsor








