Ligbron se eerste krieketspan nadat hulle hul eerste Coke T20 wedstryd teen Hoërskool Secunda met 3 paaltjies gewen het.
Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste krieketspan het op Woensdag, 29 Januarie in hulle eerste COKE T20 wedstryd teen Hoërskool Secunda te staan gekom.
Secunda kolf eerste en teken 124 lopies vir 9 na 20 boulbeurte aan. Ligbron se boulers wat uitgestaan het was: Levuna Khubeka wat 3 paaltjies vir 16 lopies neem, Wynand Moolman wat 2 paaltjies vir 15 lopies neem en Ruben Herbst wat 2 paaltjies vir 20 lopies neem.
Ligbron se kolwers gaan Secunda se telling verby met die laaste bal van die dag met 7 paaltjies plat. Kolwers van Ligbron wat uitgestaan net was: Sean Roodt met 35 lopies,
Hendrico Jansen van Rensburg met 31 lopies en Wynand Moolman met 21 lopies.
Ligbron wen die wedstryd met 3 paaltjies. Die span se volgende Coke T20 wedstryd sal op Woensdag, 5 Februarie op Ligbron se tuisveld teen Hoërskool Middelburg plaasvind.