[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.18.7″]
Liam Martin, kaptein van HS Strand se eerste krieketspan, het gedurende die somervakansie geskiedenis gemaak deur vir die SA Plattelandspan vir O/17ās verkies te word. Hy is die eerste leerder van HS Strand wat vir ān nasionale krieketspan verkies is.
Liam het die Boland se O/17-span in die SA Plattelandtoernooi in Kimberley verteenwoordig. Hierdie toernooi het van 10 tot 14 Desember 2018 plaasgevind en die droƫ velde en uiters hoƫ temperature het die spelers tot die uiterste beproef.
Op die eerste dag het Liam 101 lopies teen die sterk span van die Oostelike Provinsie aangeteken ā slegs een van twee spelers wat honderdtalle in Kimberley kon aanteken. Hy het hierdie briljante kolfbeurt ook met beurte van 68 en 45 nie uit nie opgevolg.
Liam het uiteindelik die vierde meeste lopies op die toernooi aangeteken teen ān gemiddelde van 44,8 lopies per beurt ā ān kolfgemiddeld wat baie toetsspelers hom sal beny.
Wat Liam se vertonings nog merkwaardiger maak, is die feit dat hy ook 9 vangkanse benut het, een kolwer uitgehardloop het en ook by geleentheid 2 paaltjies vir 15 lopies platgetrek het. Liam het dus hierdeur sy veelsydigheid en afgerondheid as krieketspeler onderstreep.
Aanvanklik is Liam as onderkaptein van die Boland se span aangewys, maar is op Dag 3 amptelik tot kaptein bevorder. Dit spreek boekdele vir sy statuur binne spanverband. Uiteindelik was Liam een van twee spelers van die Boland wat die SA Plattelandspan gehaal het.
HS Strand kan dus met reg trots op hierdie begaafde krieketspeler wees. Sy vordering op die krieketveld gaan beslis met arendsoƫ dopgehou word.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]