Schools That Rock berig oor Leeuwenhof Akademie.
Leeuwenhof Akademie Christelike Afrikaanse Privaatskool se Senior SR gee hiermee boodskappe aan hul Hoof, Mnr Lessing.
‘n Geskiedkundige skets van Leeuwenhof Akademie.
‘n Geskiedkundige skets van Leeuwenhof Akademie.Op 16 Januarie 1996 open Leeuwenhof Akademie, destyds as Helpmekaar Akademie, die eerste Afrikaanse privaat laerskool aan die Oos-rand, sy deure in Bedfordview. Besorgde ouers van Alberton, stigterslede: Franchette Strüwig, eienaar van die perseel, Corlia Booysen, Linda van Straten, Leola Meyer en Elna Ungerer het hierdie visie en drome ‘n werklikheid gemaak.
‘n Skool se geskiedenis word onthou aan groot gebeure, veranderinge, uitdagings, deursettingsvermoë, verskeidenheid van persoonlikhede van Direksies, invloedryke onderwysers en ‘n strewe na uitnemendheid.
Die geskiedkundige skets fokus op INVLOEDRYKE rolspelers en LEWENSVERANDERLIKE oomblikke.
Martin Gericke was die eerste skoolhoof en Uitvoerende Hoof. Die skool open met 121 leerders en 12 onderwysers. Die ouers speel ‘n geweldige rol by die skool se ontwikkeling en oorhoofse sorg na die kinders, met die groot doel voor oë: Waar elke kind uniek is, vir die kind, oor die kind!
Die eerste 5 jaar: Hierdie eerste vyf jaar sal onthou word vir veranderinge, tradisies en ontwikkeling. Die leerdergetalle het van dag 1 van 121 leerders na 644 leerders gegroei en die eerste Hoërskoolhoof, Leonard Murphy word aangestel.
Kapitale ontwikkeling word sigbaar met dinamiese veranderings. Huise is aangekoop rondom die bestaande skool en omskep in klasse, die Voorskool bars uit sy nate en Leeupark sportgronde is van die munisipaliteit bekom en ontwikkel.
Op die akademiese front ontwikkel die laerskool ‘n verrykte kurrikulum. Cambridge Internasionale kurrikulum word aanvaar vir die hoërskool en die eerste internasionale eksamen word geskryf.
Leeuwenhof Akademie het reeds vroeg ‘n Afrikaanse kultuur met ‘n internasionale aanslag en Engelse onderrig in die hoërskool. Leeuwenhof Akademie se eerste Matrieks skryf hulle eindeksamen met ‘n 100% slaagsyfer.
Leeuwenhof Akademie, alvorens Helpmekaar Akademie, verkry sy eie identiteit en die naam, Pro Liberis h/a Leeuwenhof Akademie word geregistreer in 2000. Leeuwenhof se skooldrag het verander, ‘n skoollied is geskryf en die busvloot het uitgebrei tot 5 busse, die hart van Leeuwenhof.
2001 – 2006: Na die uitdagings van die eerste vyf jaar, beleef Leeuwenhof Akademie ‘n ikoniese tydperk van naambou, standvastigheid en bou van tradisies.
Hierdie nuwe bestuur, Direksie en wending was nodig jeens die implementering van veranderinge wat die skool in die eerste vyf jaar gehad het. Daar was verdere ooglopende beleggings in die kapitale ontwikkeling in nuwe geboue in hierdie tyd, nuwe tradisies asook verandering in kurrikulum. Die dwarslat is weer opgeskuif en prestasies van uitnemendheid is bereik.
Die Nasionale kurrikulum is weer onder die vergrootglas geplaas en aanvaar deur sy lede en die skool het deur die storms van twee kurrikulums gevaar. Die Cambridge Internasionale eksamen, CIE, asook die onafhanklike eksamen, IEB. Na vele gesprekvoeringe is besluit om Cambridge eksamens uit te faseer en die Nasionale kurrikulum te volg, gegewe die registrasie deur die IEB.
Daar is baie sake op die tafel wat aandag geniet, Akademie se lyne is stywer gespan, so ook op die gebied van kultuur en sport. Die Musieksentrum het ontwikkel, die gronde het gegons van die kunswedstryde, kore, revue’s, musiekblyspel, passiespele, Markdae en Boeresportdae wat hoogty gevier het. Leeuwenhof Akademie het koerante gehaal met kampioene by die Goue Leeus, netbal, atletiek en verskeie buiteskoolverband sportdeelname. ‘n Definitiewe teken van gehalte en uitnemende onderrig, deelnemers en spanwerk. Die bussevloot het gegroei na 10 busse.
2007 – 2017: Die volgende 10 jaar het Leeuwenhof Akademie gegroei in standvastigheid en ‘n kompeterende skool geword om mee rekening te hou. Drome is verwesenlik van nuwe moderne geboue, sportligas is opgeskuif, ontwikkeling in parkeerareas asook ‘n tradisionele kloktoring is opgerig.
Die Laerskool het ‘n moderne Multi Mediasentrum en Wetenskaplaboratorium bygekry. Die Hoërskool het ook fase 2 kapitale ontwikkeling aangepak en ingehuldig. Studenteraad word gevestig, Informasie Tegnologie is ingebring en het ‘n werklikheid by die Hoërskool geword.
ATKV kampioene, SA-atletiek kampioene, BeeldKampioene, ISASA-Kampioene het op die horison verreis, tradisies word deurlopend gebou en matriekuitslae laat almal se bors fors staan!
Vandag: Mnr Jaco Lessing is tand die Uitvoerende Hoof. Hy is in 2019 aangestel.
Ons STREEF SAAM, DINK SAAM, BERAAD SAAM en ONTDEK nog die onbekende, vir die toekoms.
Strategies sien ons die GROEI van ons VISIE.
Met God as ons ligtoring, uitnemendheid as ons maatstaf en ons liefde vir ons roeping en gemeenskap, breek ons die baan die toekoms in.
Meer oor Leeuwenhof:
https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/east/