Dankie vir geleentheid om so bietjie te kan gesels oor hierdie ongelooflike groot voorreg. Dit het so paar dae geneem om heeltemal te verstaan wat werklik gebeur het toe hulle aankondig dat ek deel is van die Hoofleier groep. Dit was regtig amazing en die butterflies is nou nog saam my.😂
Ek verstaan dalk nou nie heeltemal wat voorlê nie, maar ek weet die pad wat ek gaan stap gaan ek meer uit leer as iets anders. Ek sien vreeslik uit. Ek het die belofte gemaak om die posisie met eer, respek en eerlikheid te dien. En dit beslis te geniet, wat vir my baie belangrik is. Daar gaan soms tye wees waar ek gaan sukkel en waar my medeleiers ook gaan sukkel, maar ons groep sal deur enige iets kan staan, dit weet ek verseker. Die Here stap hierdie avontuur saam my, my vertroue is in Hom en ek hoef nie bang te wees nie.
Van graad 8 af, kyk ek hoe nuwe hoofleiers gekies word en die oues ons verlaat, ek hoop dat ek met dieselfde glimlag en gesindheid my rol sal oorgee. Daar is wel baie take en toetse wat ek eers moet voltooi, maar ek weet dat die skool agter my staan en dat ek hulp by enige iemand kan kry. Ons Hoofdogter, Anke Botha, is so goeie voorbeeld vir my want ek weet ons gaan Leeuwenhof beter saam maak en dat sy my sal ondersteun, dieselfde as wat ek daar vir haar sal wees. En beslis die hele SR ook.
Ek sien die uitdaging as ‘n goeie geleentheid om meer te leer oor leierskap wat my later in my lewe positief sal beïnvloed en dat ek die skool se naam ten alle tye hoog sal hou. Ek sien só uit om die pad as Hoofseun saam met die skool te begin.
Baie Dankie
Jayden