Leeus Welpiespan. Vier rugbyspelers van Helpmekaar Kollege in Johannesburg, Jandré Labuschagne, Junayden Seffier, Ruan Nel en Jeandré Kitching het by die Rhino-week vir die Leeus Welpiespan uitgedraf.
Op 6 Julie is Jeandré Kitching as die speler van die wedstryd aangewys. Op Saterdag, 9 Julie, is Ruan Nel in die hoofwedstryd teen die Luiperds as speler van die wedstryd aangewys. Aan die einde van die Rhino-Week is Jeandré Kitching as die speler van die Rhino-toernooi aangewys. Hy is ook in die SA Rhino-toerspan ingesluit wat gedurende Desember na die Verenigde Koninkryk toer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.helpmekaar.co.za/wp/
Foto verskaf