Armand van der Mescht, leerling van Hoërskool De Aar,  het in Kimberley aan die Expo Werkswinkel deelgeneem, waar hy ʼn goue medalje verower het. Tydens die werkswinkel is die leerlinge gekeur vir die Nasionale Expo. Net elf leerlinge is gekies en Armand is een van die elf leerlinge wat aan die Nasionale kompetisie gaan deelneem. HSDA is baie trots op Armand en wens hom baie sterkte toe!

Become a Sponsor