)

Langenhoven leerder is Presidentverkenner

Wiehan Rall is ‘n graad 12-leerder en voortekker van Hoërskool Langenhoven in Riversdal. Hy het na baie jare se harde werk sy Presidentsverkenner toekenning, ontvang.

Om ‘n Presidentsverkenner te word is die hoogste toekenning wat ‘n junior Voortrekker-lid kan behaal. Dit is ‘n prestige toekenning van Die Voortrekkers. Verder geniet dit erkenning deur Universiteite as ‘n nasionale toekenning in kulturele leierskap.

Verskeie Dasse het al hierdie gesogte toekenning in die verlede losgeslaan en span die kroon oor baie jare se volharding en toewyding.Wiehan het reeds die afgelope vier jaar baie hard gewerk om daarvoor te kwalifiseer. Ure se voorbereiding, lesings, kampe, spesialisasie-kursusse, vaardighede, baie teoretiese werk en take, is afgelê.

Hy moes ten minste ses verkennerspesialisasies uit sewe kategorieë voltooi, waarvan minimum een elk uit Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en Diensbare Leierskap moet wees. Ander spesialisasies kom uit kategorieë soos Omgewing, Vaardigheid en Tegnologie. Die laaste hekkie was die suksesvolle aflegging van die Presidentsverkennereksamen wat in Mei plaasgevind het, en die bywoning van ‘n webinaar in Julie. Wiehan het aan al die vereistes voldoen en ‘n totaal van 17 spesialisasies voltooi. Hy het met hierdie toekenning erekleure van die skool verwerf.

Dit is ‘n puik prestasie en Langenhoven is baie trots op jou!

Foto verskaf

Meer oor Langenhoven:

https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/knysna/

https://langenhovenhs.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal