)

Landsdiens Kamp – Errie-Landsdieners gaan kamp by Kwasinungu

Landsdiens Kamp. Hoërskool Ermelo se nuutgevonde Landsdiens klub het die afgelope naweek ‘n gekombineerde klubkamp saam met Hoërskool Oosterland gehou. Die landsdiens kamp is aangebied te Kwasinungu Adventures o.l.v. mnr. Hendry Lombard. Die kampterrein is geleë tussen Volksrust en Vrede waar die sowat 55 hoërskoolleerders alles terdeë geniet.

By hul aankoms het die leerders bandanas en vlae gemaak. Verder is spanname en krete uitgedink. Ysbreker-speletjies is gespeel en ‘n nagmars is gehou. Soggens en saans is daar geestelike sessies gehou. Kwasinungu Adventures se kombuis het gesorg dat die jonges nooit enige aktiwiteit honger aangepak nie. Ongelukkig het ‘n paar spanne se potjiekospotte Saterdagaand eers láát die aand behoorlik aan die kook gekom!

Daar is berg geklim, kleilat gespeel, moddermonumente gebou en koffie gedrink tussendeur al die prettige aktiwiteite. Saterdag-laatmiddag se hindernisbaan was ‘n groot hoogtepunt. So ook Sondagmiddag se uitklim van Berg Majuba. “Ons staan opnuut in verwondering oor die prag van God se skepping.” Nuwe vriendskappe is gesmee en Maggie, die plaashond, het sommer diep in almal se harte gekruip.

Die landsdiens Erries wil hiermee ons opregte dank uitspreek teenoor die Oosies wat ons so gulhartig ontvang het. Ons eer ook ons Hemelse Vader vir sy hand van bewaring oor die Erries die afgelope naweek.

Tot die volgende landsdiens kamp, Landsdieners – facta non verba!

Pragtigr staproetes is onderneem om die natuurskoon te kan inneem
Die leerders het verskeie aktiwiteite geniet soos toutrek-kompetisies

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal