Landloop Vrystaat Champs. Twee van Grey Kollege se landloopatlete het deelgeneem aan die Landloop Vrystaat Champs. Die byeenkoms is op 3 Augustus by die Kovsies Landloopbaan gehou. Jaylynn Seclave en Ruan Smith van Grey Kollege het gekwalifiseer vir die Atletiek Suid-Afrika Landloop Kampioenskappe op 7 September.
Jaylynn Seclave is eerste geplaas in die seuns O.14 4km met ‘n tyd van 13 minute en 4 sekondes. Ruan Smith het gekwalifiseer vir die Junior Manne 2 km met ‘n tyd van 7 minute en 3 sekondes.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegesecondary.com/
Foto verskaf
Become a Sponsor








