Op Donderdag, 31 Augustus 2017, het Hoërskool Ermelo se Graad 10-Landbouwetenskapleerders, die Ermelo- veilig bygewoon.
Die dag was ‘n gulde geleentheid vir die Erries om van verskillende rasse en die bemarking van vee te leer. Die leerders was toegelaat om in die krale in te gaan en die Jersey-koeie self melk. Elke kind sê dat dit ‘n belewenis was om dit te kon ervaar.
Die Erries spreek graag hul dank uit teenoor die SAVF-ouetehuis Ermelo vir die lekker kos en aan Mnr. Faans van der Merwe wat die dag gereël het.