Agter: Nikita Cameron – Mej. Wessie Rommel Senior fase
Middel: Alrich Bouwer – Mnr. Fotogenies Senior fase; Dehan Labushagne – Mnr. Wessie Rommel Junior fase; Michelle-lee Fourie, Mej. Kreatief Junior fase; Heinrich Bender – Mnr. Wessie Rommel Senior fase
Voor: Lianie Singleton – Mej. Kreatief senior fase; Chris-lee Swarts – Mej. Wessie Rommel junior fase; Chassidy Herbts – Mej. Fotogenies junior fase
Laerskool Westwood van Boksburg se 1ste Mnr. & Mej. Wessie Rommel was ‘n reuse sukses. Die maats het hulle kreatiewe kant gewys en almal is beslis beïndruk en baie trots op elke Wessie wat deelgeneem het. Die uitrustings moes uit rommel materiaal gemaak word en foto’s is ingestuur na die skool. Al die leerders in die skool kon dan vir hulle gunsteling uitrusting stem. Daar was ook ‘n beoordelaar wat in elke fase die wenners vir die mees kreatiefste uitrusting en mees fotogeniese foto aangewys het.
Op 22 April het die leerders hul uitrustings skool-toe aangetrek waar die wenners in elke fase aangekondig is.