Ses leerders van Laerskool Kestell, in die Vrystaat het deelgeneem aan ‘n Skyfskiet-kompetisie.
Afgesien daarvan dat Skyfskiet uit ‘n hele aantal kompeterende sporte bestaan, word hoofsaaklik gewere en pistole gebruik om na teikens te skiet.
Met in ag genome watter wapen mee geskiet word, is noukeurigheid en snelheid uiters belangrik.
Rebekah Meyer, Cameron Meyer, Ean Scheepers, Isabella Meyer, Lukas Meyer en Rickert Schoeman het prestasies met hul skyfskiet behaal.
Truidjies is baie trots op julle!