Die eerste week in September is Nasionale Boomplant week.
Mnr Pieter Lamprecht (voorsitter van Afriforum) en sy span, ds Gustav Opperman, Jan vermaak en Lambert Joubert, het 5 Huilboerboon boompies aan Laerskool Thabazimbi geskenk ter viering van Nasionale Boomplantdag. Die leiers, onder leiding van mnr Nico Engelbrecht, het die boompies geplant tydens die seremonie. Laerskool Thabazimbi wil net vir Afriforum bedank vir hulle bydrae dit word opreg waardeer.